PEKANNEUT PRODUKKOÖRDINEERDER

Full Time 3 weeks ago Upington, Northern Cape

Employment Information

Ons kliënt, ’n gevestigde onderneming in die pekanneutbedryf is tans op soek na ’n dinamiese kandidaat vir die volgende pos:

PEKANNEUT PRODUKKOÖRDINEERDER
UPINGTON OMGEWING

Vereistes:

-        Graad 12 met minimum 2 jaar ondervinding in die pekanneutbedryf

-        Ondervinding in pekanneut kultivar onderskeiding

-        Tersiêre kwalifikasie sal voordelig wees

-        Kode 10 lisensie sal as aanbeveling dien

-        Eie betroubare vervoer

-        Bereidheid om gereeld te reis in Upington en omliggende gebiede

-        Goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede

-        Vermoë om onafhanklik en akkuraat te werk

Verantwoordelikhede:

-        Evaluering van pekanneutkwaliteit op produsente se plase

-        Uitvoering van monstergraderings volgens voorgeskrewe standaarde

-        Voorraadbeheer en monitering van voorraad

-        Koördinering van die laai en aflaai van voorraad by verskeie inname-punte

-        Uitvoering van monstergraderings binne ’n pekanneutverwerkingsaanleg

-        Alle administratiewe en koördineringspligte verwant aan die pos

Om aansoek te doen, stuur cv met verwysing CPPK voor 24 Mei 2026 aan recruitment@ovdm.co.za

Wakanda Jobs - Find All Jobs

New Things Will Always
Update Regularly

Wakanda Jobs - Find All Jobs
Your experience on this site will be improved by allowing cookies Cookie Policy